SEB plaas dalk bankrot

Met die hele gedoente rondom grondhervorming en steel van grond is daar soms die helder oomblik wat die hele situasie so mooi verduidelik.

Die Solms-Delta wynplaas sal volgende week hoor of die Kaapse hooggeregshof die plaas gaan likwideer.  Dit skaars 22 maande nadat die regering met hul sogenaamde 50/50 plaaswerkers bekragtigingsprogram begin het en 10 jaar nadat prof. Mark Solms van Ikeys en die Engelse filantroop, Richard Astor, die projek gepropageer het.

Solms-Delta beslaan plase soos Zandvliet, Lubeck en Lekkerwijn met hul kelders, ‘n restaurant en ‘n deli asook die normale wynproe afdeling.

Ten spyte van bykans R65 miljoen wat oor die afgelope 2 jaar ingepomp is beteken dit dat die Nasionale Bekragtigingsfonds en die Landelike Hervormings Departement bykans R84 miljoen gaan afskryf as die hof aansoek toegestaan gaan word.

Die DG van Landelike Ontwikkeling se mening is: “Likwideer en ons sal ‘n nuwe strategie implementeer wat die landgoed winsgewend gaan maak!”

Watter rasionaal hy gebruik om by die plan uit te kom, is onduidelik.

Die grond is nooit in die werkers se naam geregistreer nie, want aktes toon dat die Republiek van Suid-Afrika, dus die staat, die titelhouers is.

Beide Solms en Astor is groot voorstanders van bevordering van agtergeblewenes se “lot” maar hier is ‘n rokie wat dalk ‘n vuur gaan aansteek.