SAUK op sterfbed

Sterftes is dikwels nie goeie nuus nie maar die berigte dat die ANC nuus korporasie of te wel die SAUK op sy sterfbed, is kan net verwelkom word.

Die SAUK skuld sy verskaffers meer as R90 miljoen en leef van dag tot dag.

Dit blyk dat die regering, oftewel die belastingbetaler, gevra gaan word om in te staan vir ‘n waarborg sodat daar geld geleen kan word by ‘n bank.

Ontleders bespiegel of Sjinese bereid gaan wees om geld in die bodemlose put te pomp.