Saoedi stuur Kanadese ambassadeur terug

Saoedi Arabië het die Kanadese ambassadeur in Riyad beveel om die land binne 24 uur te verlaat en het sy eie ambassadeur in Ottawa, Kanada, teruggeroep.

Benewens die optrede het Saoedi ook alle handel en finansiële investering met Kanada gevries wat dui op ’n ernstige geskil met Kanada.

Die maatreëls wat deur die Arabiese land ingestel is, is deur die Minister van Buitelandse Sake bekendgemaak en gesê dit volg weens die openlike en blatante inmenging in die binnelandse sake van die koninkryk deur Kanada.

Die drastiese optrede volg nadat die Kanadese Minister van Binnelandse Sake, Chrystia Freeland, op die sosiale netwerk Kanada se ontevredenheid uitgespreek het omdat die Arabiese owerheid ’n vroueregte aktivis, Samar Badawi, gearresteer het.

Toe die Kanadese ambassade ook nog gevra het dat die aktivis onverwyld vrygelaat moet word, was die Arabiere hoogs ontstoke.

Die Arabiese owerheid het dit bestempel as inmenging in die huishoudelike sake van Saoedi-Arabië, en waarnemers sê die land duld geen kritiek oor sy optrede teen vroue in die land nie, wat weereens met die jongste gebeure bevestig is.

Foto –  Vroueregte aktivis Samar Badawi