SAID ondersoek die Guptas

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is besig met ‘n “deeglike ondersoek” rondom die betaling van miljoene rande se BTW en persoonlike belastinggelde aan Gupta maatskappye en individue.

Volgens berigte het SAID meer as R400 miljoen onwettig uitbetaal aan Gupta entiteite.

Die ondersoek duur voort.