Prikkel: Taalstryd

Hoe was die Genootskappers se taalstryd in 1875 ontvang?  Die harde, fel kritiek was dat Afrikaans ‘n kombuistaal is.  Wat sê dit?  Nie die taalformulering het eerstens in die spervuur gekom nie.  Taal, as identiteitsmiddel van volk, is hiermee aangetas.  Die Afrikanervolk wat Afrikaans (sy eie moedertaal) wil praat is minderwaardig, van ‘n lae klas, hoort in die kombuis.  Dit was die werklike draagwydte van die snedige opmerkings dat Afrikaans ‘n kombuistaal is.  Die opmerkings het van twee kante gekom:  van Engelse kant en van die hoë lui wat Nederlands as verhewe, gesofistikeerd, beskou het.

Danksy die volkording van die Genootskappers het hulle gou bekend geword as Patriotters.  Daar sit trots in.  Uit selfrespek het hulle bly handhaaf en mettertyd het dit respek van ander afgedwing.  Dit is die les van handhawing.

Deesdae is alles meer Engels.  Ons kinders op universiteit word gedwing om in Engels te studeer.  In die staatsdiens, handel, oral, word net Engels gepraat en aanvaar.  Merkwaardig praat die andersvolkige bedelaars op die straathoeke en by parkeerplekke Afrikaans.  Beteken dit dat hulle dommer – of dalk slimmer – is as hulle ander Engelsprekende broers?  Sê dit dat Afrikaans nou ‘n bedeltaal is of word?  Soos hierbo aangedui is dit eintlik ‘n plasing nie van taal nie, maar van ons volk.  Die Afrikaner word steeds gesien as die gewer van aalmoese.  Steeds plaas dit ons volk in die sameleweing, steeds druk dit iets van ons identiteit uit.

Want let op:  as jy nie gee nie word jy dikwels gesê in Engels of in sy eie taal.  Want dan is hy verontwaardig omdat jy nie jou plek ken nie.  Want jy skuld hom mos!

Hendrik v.d. Wateren