Oud UJ hoofde moet hoes

Twee vorige uitvoerende bestuurders by die Universiteit van Johannesburg is beveel om gelde terug te betaal wat hulle wederregtelik vanuit die universiteit se geldkaste geneem het.

Professore Roy Marcus en Jaco van Schoor het gelde gekanaliseer na ‘n maatskappy deur middel van vals fakture.

Die Johannesburgse hooggeregshof het beveel dat meer as R14 miljoen terugbetaal moet word aan die universiteit.

Marcus het in September 2017 bedank en Van Schoor is afgedank na dissiplinêre stappe teen hom.

Beide was nie in die hof toe die bevel uitgereik is nie en het aangedui dat hulle aansoek  gaan doen om die bevel ter syde te laat stel.