Oorsese blad ontbloot David Mabuza

Die invloedryke VSA  dagblad, die New York Times, het David Mabuza in ‘n skerp veroordeelde artikel aangevat rondom miljoene dollars wat hy na bewering gekanaliseer het na homself.  Dit is geld wat geoormerk was vir onderwys.

Volgens die artikel het hy die geld gebruik om sy politieke ambisies te verbeter en verder dat daar bykans 20 politieke sluipmoorde plaasgevind het in Oos-Transvaal onder sy bestuur nadat persone na vore gekom het om sy sake te ontbloot.