Moslemvrou terroris kry lewenslank

’n Jong tienderjarige Moslem vrou is in Londen skuldig bevind aan terrorisme en sal lewenslank agter tralies bly weens haar bedrywighede in Engeland en in Sirië.

Die 18-jarige Moslem vrou wat verbintenisse het met die Islamitiese Staat terroristebeweging, het op ’n stadium gesê dat die terreurgroep ’n aanval moet uitvoer teen Engeland.

Sy sal glo net 13 jaar effektiewe tronkstraf uitdien en kan moontlik daarna gedeporteer word na haar land van herkoms.

Safaa Boular is deur die Londense regter, Mark Dennis, skuldig bevind daaraan dat sy besig was met voorbereidingswerk om ’n selfmoord bomaanslag in Brittanje uit te voer.

Sy was tydens die hof verhoor verplig om in Westerse kleredrag te verskyn en nie in haar Moslemse en Oosterse gewaad nie.

Dit is die soveelste Moslem wat in Brittanje gearresteer en skuldig bevind is aan die beplanning van terreur dade en tans tronkstraf uitdien.

Die regter het in sy uitspraak gesê die 18-jarige is steeds ’n gevaar vir veiligheid en hoort agter tralies vir die langste moontlike tydperk.