Kongo bevestig Ebola krisis

Die Gesondheid owerheid in die Kongo het erken dat ’n die Ebola virus weer uitgebreek het en tientalle mense daarmee besmet is, en sê die inenting veldtog het reeds begin.

’n Vorige uitbreek van die virus is met ’n inentingsveldtog suksesvol afgeweer in die suidwestelike deel van die land, en die nuwe vlaag voorvalle wat ontdek is, kan effektief gestop word, het ’n woordvoerder gesê.

Die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) sê genoeg voorraad entstof is bekom om die verdere verspreiding van die virus te voorkom, en sal in die oostelike stede van die land eerste beskikbaar gestel word.

Honderde mense het omgekom voor die entstof beskikbaar was, en verskeie buurlande moes reis verbod maatreëls instel om te voorkom dat die plaag oorspoel na ander lande.

Die entstof wat aanvanklik as ’n toets moes dien, ht nou geblyk suksesvol t wes, en die persoon wat dit ontwikkel het, sê die produk het alle verwagtinge oortref.