Kaapse taxi staking afgelas

Kaapse huurmotor bestuurders het aanvanklik beplan om Maandag te begin staak, maar dit is na samesprekings afgeweer..

Dit gaan oor ‘n beplande konferensie wat sou plaasvind om die leierskap in die provinsiale deel van die SA Nasionale Taxi Vereniging uit te sorteer.

Volgens berigte is die taxibedryf die afgelope vyf jaar sonder effektiewe leierskap wat veroorsaak dat uitdagings in die bedryf agterweë bly en geen nuwe strategieë ontwikkel kan word nie.

Intussen gaan die staking by die Gautrein voort, en word slegs beperkte dienste gelewer in spitstye.