Japanese universiteit druip vroue

Volgens ’n onlangse verslag in die Japanse media is ’n prominente universiteit in Tokyo daaraan skuldig dat die mediese afdeling die eksamen uitslae van vroulike studente verander sodat hulle druip.

Die Tokyo Mediese Universiteit bevind hulle in die middel van ’n reuse skandaal nadat die media wyd gerapporteer het oor resultate wat die manlike studente bevoordeel.

Die verslag toon aan dat voornemende manlike studente ook vir toelating bevoordeel word bo vroulike kandidate tot so ’n mate dat die verweer geopper is dat vroulike geneeskundiges die beroep verlaat wanneer hulle met ’n gesin begin.

Dit veroorsaak dat daar deurlopend ’n tekort aan dokters is, en derhalwe word voorkeur gegee aan mans studente.

Die skandaal volg kort nadat die Japanese Eerste Minister, Shinzo Abe, aangekondig het dat Japan so regeer sal word dat dit “vroue sal laat skitter” in hulle beroepe.

Die universiteit owerheid se enigste kommentaar was dat daar ondersoek ingestel word na die bewerings wat in die media gemaak is.