Israelse LP sê swartes het geen kultuur

‘n Lid van die Israelse Knesset parlement, Oren Hazan, het gesê dat Afrikane geen kultuur het nie en dat Israel moet verhoed dat Afrika vlugtelinge kinders kry.

Hy het verder in ‘n onderhoud gesê dat Afrika immigrante ‘n bedreiging inhou vir Israel en die land sal vernietig.  Hy beskou hul nie as vlugtelinge nie maar as ekonomiese migrante.

Hazan is lid van die regerende Likud Party en sy opmerkings is tot nou nie deur die Israelse eerste minister of enige woordvoerder van die party afgekeur nie.

Die land is vroeër die jaar gekritiseer vir sy massa deportasie van Afrikane.