IMF: Handelsoorlog deur Duitsland veroorsaak

Duitsland se massiewe handelsurplus wat jaar na jaar styg, is deel van die rede waarom president Donald Trump begin is met die toepassing van skerp maatreëls teen verskeie lande.

Dit is die mening van die Internasionale Monitêre Fonds (IMF) wat die afgelope naweek hom uitgelaat het oor die toenemende spanning in die internasionale handel.

Duitsland se aanhoudende handelsoorskot kan lei tot die ondermyning van die wêreld se finansiële stabiliteit, het Maurice Obstfeld, hoofekonoom van die IMF gesê.

President Trump het met invoer heffings begin nadat hy verskeie kere daarop gewys het dat die VSA deurlopend ’n handelstekort toon teen Europa en Sjina, en onderhandel het dat die twee streke meer aankope van VSA goedere moet doen om die handelsbalans meer eweredig te kry.

Intussen woed ’n handelsoorlog tussen Amerika en Sjina, maar die Amerikaanse president sê dit is ’n oorlog wat hy maklik gaan wen.

Hy het vroeër ’n waarskuwing tot Duitsland gerig dat swaar invoerbelasting gehef gaan word teen motorvoertuie wat die VSA vanaf Duitsland invoer.

Waarnemers en ekonome sê dit kan die Duitse voertuig industrie ’n ernstige knou gee aangesien Amerika die grootste koper van die land se voertuie is.

Dit is veral Daimler, BMW en Volkswagen wat die ernstigste geraak sal word.

Foto – Maurice Obstfeld