Hou die hemelruim dop

Dit word heel gepas ’n sterrereën genoem alhoewel dit nie werklik sterre is wat jy op 12 en 13 Augustus in die nagtelike hemelruim sal sien nie.

Wetenskaplikes sê die sterrereën sal vanjaar nog meer aanskoulik wees vanweë die digtheid van di stofdeeltjies en die feit dat di wereld nie juis maanverligte sal wes nie.

Die belangrikste vereiste om die aanskoulike gebeurtenis te sien, is dat jy buit die stedelike gebied met sy baie ligte moet wees, en daarom is dit wenslik dat die stedelinge ’n ent buite die dorp sal wees.

Elke jaar trek die planeet aarde deur die Perseïden-meteore wat slegs ’n “wolk” van stofdeeltjies is, wat die beeld skep dat dit sterre reën.

Die stofdeeltjies trek teen ’n spoed van 60 kilometer per sekonde wanneer dit in botsing met die aarde se dampkring kom en veroorsaak daarmee ’n kortstondige ligstreep.

Die meeste daarvan sal op 12 en 13 Augustus te sien wees waarna die geleidelik sal afneem, maar die begin fase sal waarskynlik op ’n donker nag reeds waargeneem kan word.

Geen beskerming is nodig vir die oë nie en geen teleskoop of ander toerusting is nodig nie, want dit is goed waarneembaar met die blote oog.

Foto – Helder Sterrereën van 2015