Honde moet skoene kry

In die Switserse stad Zurich is inwoners versoek om skoene vir hulle honde aan te trek sodat die diere se voete beskerm kan word teen die erge hitte wat die hele Europa getref het.

Die owerheid sê die diere se pote kan beskerm word teen die verhitte grond oppervlaktes wat weens die geweldige hittegolf veroorsaak is.

Die polisie van Zurich sê nie almal is gelukkig oor die verskriklike hitte nie en die mens se beste vrind is sy hond, wat ook swaarkry weens di hitte.

Eienaars van honde word aanbeveel om die temperatuur van die bogrond met die handpalm te bepaal, wat mense dadelik sal laat besef dat die diere ook beskerming nodig het.

Benewens die skoene moet die diere ook deurlopende toegang geniet tot skoon water om te verseker dat hulle nie ontwater nie, en vra dat die honde onder geen omstandighede in die motor gelaat moet word terwyl inkopies gedoen word nie.

Die temperatuur het die afgelope naweek reeds die 40 grade Celsius merk verbygegaan in Switserland, wat beskryf word as die ergste in dekads.