Hitte laat honderde visse vrek

Duisende dooie visse is uit die Ryn rivier gehaal wat gevrek het weens die versengende en langdurige hittegolf in groot dele van Europa.

Deskundiges van die waterbeheer owerheid sê moeite word gedoen om visse te red en ondervind vele probleme om die skaars vissoorte van totale uitwissing te red.

Die vis vrektes wat weens die geweldige hitte is, moet uit die rivier gehaal word om te voorkom dat nuwe plae voortkom.

Wetenskaplikes wys daarop dat die water wat reeds  23 grade Celsius bereik het, te warm is vir visse, en die moontlikheid bestaan dat die water se temperatuur nog verder kan styg.

Die Switzerland Vissery Assosiasie het intussen maatreëls getref om duisende visse na koeler waterstrome te neem ten einde totale uitwissing te voorkom.

Van die visse sal glo in damme gesit word waarvan die water kunsmatig verkoel word.

Foto – Die Ryn Rivier