Europa se hoogste toring byna voltooi

Die Federasie Toer in Moskou is die benaming van die hoogste wolkekrabber van Europa en staan in Sint-Petersburg waar dit uittroon bokant alles in die stad.

Die toring wat 462 meter die ruimte inskiet, is die 13 de hoogste toring ter wêreld en word eersdaags ingewy.

Die hoogste toring staan in Dubai, in die Verenigde Arabiese Emirate en is ’n skrikwekkende 828 meter hoog bokant die grondvlak en beskik oor 87 verdiepings.

Die nuwe toring in Sint-Petersburg wat 462 meter hoog is, is egter ’n nuwe rekord vir Europa en staan op die Lakhta Sentrum van die stad.

Die wolkekrabber word in 2019 ingewy as die Russiese energiereus Gazprom sy intrek neem in sy nuwe hoofkwartier na ’n lang wagtyd sedert die bouplanne in 2006 gefinaliseer is.

Die ruse wolkekrabber draai 80 grade van die grond na sy bopunt wat die gebou ietwat na ’n vlam laat lyk wat dan ook die bedoeling was met die optrek van die planne. Deur die hoofargitek, Philip Nikandrov, aangesien die vlam ook deel vorm van die energie reus se kenteken.