Durban kampus gesluit

Die Durban Westville kampus van die Universiteit van Natal (foto) sal gesluit wees tot 12 Augustus 2018. Botsings tussen polisie en studente het weereens klasse ontwrig en ‘n kleedkamer en toilet is aan die brand gesteek.

‘n Lid van die sekuriteitsafdeling is beseer en soos in meeste gevalle is geen arrestasies gemaak nie.

Intussen is die Universiteit van Venda onbepaald gesluit na gewelddadige betogings by die kampus.