Duisende pasiënte in Gauteng verwaarloos

Meer as 20 000 gevalle is aangemeld waar pasiënte in staatshospitale benadeel is as gevolg van nalatigheid van personeel.

Chris Hani is tans die gevaarlikste hospitaal met meer as 4 200 gevalle in 30 maande. Steve  Biko in Pretoria het bykans 1 800 gevalle gehad.

Gwen Ramakgopa, die verantwoordelike minister, het erken dat meeste gevalle die gevolg is van nalatigheid, die onvermoë van personeel, menslike foute en sisteme wat ineenstort.  Wat nog meer kommerwekkend is, is dat opleidingshospitale die hoogste gevalle registreer en dit is waar voornemende dokters opgelei word.  Hierdie gevalle lei dikwels tot siviele eise teen die hospitale en die staat.