Dodetal styg verder in Lombok eiland

Die twee hewige aardbewings wat die Indonesiese eiland Lombok getref het, het nie net chaos veroorsaak nie, maar die lewens van tientalle mense geëis.

Die dodetal het intussen gestyg tot 152 en die verwagting is dat dit nog verder kan styg soos wat reddingswerkers en familie na vermiste mense soek.

Die hulp van die Weermag en burgerlike beskermingsdienste is ingeroep om na vermiste persone te soek, maar woordvoerders is bekommerd dat hulle nie lewens gevind sal word nie, wat die dodetal kan laat styg met bykans 400 mense.

Die eiland is binne sewe dae deur twee hewige aardbewings getref en meer as twintig naskokke is geregistreer, Die tweede skudding, wat 7,1 op die Richterskaal geregistreer het, was die hewigste, maar verskeie naskokke wat tot 5 geregistreer het, het mense in paniek uit hulle wonings laat vlug terwyl ander geweier het om weer in ’n gebou te gaan.

Minstens 160 000 mense is dakloos gelaat en 1 500 moes in hospitale opgeneem word om behandeling te ontvang vir beserings wat opgedoen is.

Donderdag het ’n derde aardbewing, wat 6,2 geregistreer het, die eiland se mense verder tot paniek en chaos gestuur, en kenners meen dat kan die dodetal nog verder laat styg.