Die nikswerd Grondwet

 

As daar nog enigsins twyfel bestaan het oor die waarde van die sogenaamde wonderlike grondwet van die Ruwe Suid Afrika, dan het die ruwe president van die land daardie twyfel besweer.

Feit is, die grondwet is nie eers werd om op toiletpapier geskryf te word nie want dit sal ’n verkwisting van papier en ink en tyd wees…..

Die kamtige grondwet, die klug van Suid-Afrika, gaan gewysig word om grond diefstal deur die regime as ’n wettige daad te magtig.

Miskien is dit die eerst keer in die geskiedenis van volke en nasies dat ’n grondwet so aangepas word dat die misdaad van diefstal toelaatbaar is.

Twee dinge is duidelik: Die grondwet het geen waarde nie, en word gewysig na hartelus om onreg as geregverdig te maak.

Tweede saak is dat die president erger is as Mugabe, want hy wysig die grondwet “omdat dit in almal se belang is” – maar voeg nie by dat eiendomsreg nou finaal ’n nekslag gekry het in die Ruwe Suid Afrika.

Vir my lyk dit of Ramaphosa ’n veel gevaarliker president as sy voorganger is, want hy wysig die grondwet om eienaars van hulle besittings te besteel.

Waar is diegene nou wat “ja” gestem het vir die weggee van dierbaar Suid-Afrika?

Miskien is die vrotsige Zimbabwe nou ’n veiliger plek as die ruwe land waar ons mense uitgemoor word en ons eiendom gesteel word!

Fred Schoeman