Deense owerheid tree op teen Moslems

Die Deense owerheid het ’n 28-jarige Moslem vrou beboet wat na die in werking stel van die regulasie wat die dra van die hooftooisel ( nigab) verbied, steeds voortgegaan het om dit in die openbaar te dra.

Die verbod het op 1 Augustus in werking getree nadat veiligheidsdienste aanbeveel het dat ’n verbod geplaas word op die dra van die kledingstuk in die openbaar aangesien die persoon nie behoorlik geïdentifiseer kan word nie.

Vroeër het ’n paar honderd vroue in ’n optog geprotesteer teen die regulasie, maar die Deense owerheid het dit geheel en al geïgnoreer en gese die veiligheid van die Dense volk is op die spel.

Die vrou is met ’n boete van $154 gestraf ’n gewaarsku dat ’n tweede oortreding van dieselfde aard veel ernstiger gevolge inhou.

Sy was aanvanklik deur polisiebeamptes versoek om die kledingstuk af te haal, en toe sy weier is ’n boete teen haar ingestel.

Die voorval het begin toe sy en ’n ander vrou in ’n geveg betrokke geraak het en die teenstander glo haar hoofbedekking afgeruk het.

Ondersteuners van die regulasie sê dit sal die Moslems ook twee keer laat dink voor hulle na Denemarke verhuis.