De Lille en DA bereik ooreenkoms

Die DA het ‘n bollemakiesie gemaak en aangekondig dat hulle alle klagtes teen Patricia de Lille sal terugtrek en sy het in ruil daarvoor onderneem  dat sy as burgemeester van Kaapstad sal uittree.

Nadat De Lille verklaar het dat sy sal sorg dat haar naam  en integriteit in ere herstel word is dit vir waarnemers vreemd dat sy  nou skielik bereid is om uit te tree.

Die ANC het die besluit gekritiseer en gesê dat die bewerings van korrupsie teen De Lille getoets moet word in ‘n oop en aanvaarbare proses.