DA steun SEB

Die DA is weer besig met bollemakiesie spronge.

Nadat die party se beleidshoof, Gwen Ngwenya, verklaar het dat die party Breë Gebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging afgeskryf het omdat dit “nie werk nie”, het James Selfe, die party se federale voorsitter, ‘n verklaring uitgereik waarin hy verklaar het “ras steeds belangrik is vir die voorheen benadeeldes van Suid Afrika”  en daarom ondersteun die DA die bedoeling en gees van Swart Ekonomiese Bemagtiging.

Blanke DA kiesers wat steeds hoop op die party plaas as alternatief vir die ANC, sal ontnugter word en moet volgens politieke ontleders daarmee vrede maak dat hulle onder DA-bewind ook werkloos gaan wees.