Columbië se nuwe president ingehuldig

Ivan Duque, is in die ouderdom van 42 jaar die jongste persoon wat in Columbië as president verskeies is en die afgelope Dinsdag ingehuldig is.

Die jong president sê sy belangrikste taak is om die volk te verenig na die skerp verdeeldheid wat vir meer as vyf dekades ’n bloedige stryd was maar nou beëindig is na maande se onderhandelinge.

President Duque het sy plek ingeneem as staatshoof vir die volgende termyn van vier jaar nadat hy die eed afgelê het in die geskiedkundige Bogota Sentrum.

Hy volg die konserwatiewe Alvaro Uribe op wat die vredesonderhandelinge in die land gevoer het tot ’n uiteindelike akkoord wat die geweld gestop het, maar die nuutverkose president het glo sedert sy jongdae ’n aspirasie getoon om staatshoof te word.

Foto – Ivan Duque