Brasilië nomineer tronkvoël as president

Ten spyte daarvan dat ’n voormalige president van Brasilië tans tronkstraf uitdien, is hy deur die linkse Werkers Party genomineer as kandidaat vir die volgende presidentsverkiesing.

Lula da Silva, die aanvanklike stigter van die Werkers Party, is etlike jare gelede skuldig bevind aan korrupsie maar bly egter die party se mees gewilde kandidaat om as president verkies te word.

Lula de Silva moet egter sy vonnis van 12 jaar uitdien weens die massiewe aandeel wat hy gehad het in ’n olie skandaal, maar sy getroue ondersteuners glo hy is onskuldig in die tronk en behoort vrygelaat te word.

Brasilië se presidentsverkiesing is geskeduleer vir Oktober vanjaar wat beteken dat De Silva se naam geskrap sal word op die kandidatelys.

Duisende lede van die Werkers Party het in die strate baljaar toe dit bekend geword het dat hulle “geliefde Lula” genomineer is vir die verkiesing.