“Benoude” munisipaliteite kry kundiges

Die minister van Koöperatiewe Regering, Zweli Mkhize (foto), het aangekondig dat 81 ingenieurs en dorpsbeplanners ontplooi gaan word om dienslewering aan te spreek by munisipaliteite wat in die moeilikheid is.

Soos reeds genoem is slegs 7 % van die land se munisipaliteite funksioneel terwyl meer as 30% disfunksioneel is.  Dit beteken dat 93% van die land se dorpe wat bestuur word deur die ANC of die DA in ‘n gemors is wat betref finansies, dienslewering, lewering van rekenings en die invordering daarvan.  Dit maak dus nie saak wie “regeer” in ‘n dorp nie, daar het ‘n totale verval ingetree sedert swart by wit oorgeneem het.

Van die 81 “kundiges” blyk daar maar weinig bleek gesigte te wees, so die vraag ontstaan waar kom die dorpsbeplanners nou vandaan om die land se dorpe te red?

Munisipale bestuurders is aangestel teen astronomiese salarisse en voorsien van “mentors” wat hul sou leer om die werk te doen, dus was daar in werklikheid twee persone aan die hoof van meeste munisipaliteite wat moes toesien dat die werk gedoen  moet word maar in 93% van die gevalle het dit misluk.