ANC druk kop in die grond

Na ‘n in diepte ondersoek en publikasie daarvan deur die New York Times oor die lewe van adjunkpresident David Mabuza en hoe hy na bewering miljoene rande  se “skoolgeld” gebruik het om lojaliteit te koop en sy magsbasis te verskerp, het die ANC 48 uur later geen verklaring, erkenning of ontkenning laat blyk rondom die bewerings nie. Selfs Mabuza se kantoor swyg in al elf landstale.

Volgens die NY Times is Mabuza se skaduagtige verlede besig om enige kredietwaardigheid vanuit ANC geledere se verklaring dat korrupsie gestop gaan word te kelder.

Die stilte vanuit beide ANC geledere en Ramaphoza se kantoor dui op ‘n skuldige gewete.