Agri Oos-Kaap steun grondhervorming

Die herkose president van Agri Oos-Kaap, Doug Stern, het op hulle kongres verklaar dat grond hervorming “kan werk as dit reg hanteer word”.

Volgens Stern gaan Agri die regering nader met alternatiewe voorstelle om swart kommersiële boere suksesvol op grond te “plaas”.

Agri SA se president, Dan Kriek (foto), het Oos-Kaapse boere verseker dat georganiseerde landbou ‘n “progressiewe vennootskap-gedrewe benadering” sal volg rondom grondhervorming. Kriek sê: “ons is nie net wit boere nie  maar verteenwoordig Suid Afrikaners van alle kleure en geloofsbelydenisse (creeds)”.