139 plase geoormerk vir grond diefstal

Die regering, oftewel die ANC, het glo klaar 139 plase geïdentifiseer wat geoormerk is vir grond onteiening sonder vergoeding.

Die plase sal as “proefkonyne” gebruik word vir die proses.

Die land het reeds sedert 1994 vele voorbeelde gesien waar plase wat produktief was “weggegee” is aan die agtergeblewenes net om na ‘n jaar of twee te verval in bankrotskap.  Goeie voorbeeld is die Zebediela lemoen boerdery in verre Noord-Transvaal asook  die Vrede melkplaas.

Beide TLU SA en Agri SA het aangedui dat hulle die sake in die hof gaan betwis.