Zuma jnr. vandag in hof

Duduzane Zuma (foto), seun van Jacob Zuma, moet vandag in die Johannesburgse hof vir gespesialiseerde kommersiële misdade verskyn waar hy aanklagte van korrupsie in die gesig staar.

Sy rol in die beweerde omkopery van adjunkminister Mcebisi Jonas sal in die kollig kom. Jonas is glo die pos van minister van finansies aangebied sowel as  ‘n bedrag van R600 miljoen.  Dit het plaasgevind in Saxonworld  waar Duduzane, Fana Hlongwane en Ajay Gupta saam met Jonas was.

Ajay Gupta is nog steeds op die “soeklys” en sal nie saam met Zuma in die hof verskyn nie.