Zuma jnr. in die hof

Duduzane Zuma het glimlaggend by die hof in Johannesburg opgedaag en is formeel aangekla vir bedrog, aldus sy prokureur Rudi Krause.

Sy paspoort is ingeneem en die saak is uitgestel tot 24 Januarie 2019. Hy is op borgtog van R100 000 vrygelaat en hy moet gereeld by die polisie aanmeld.

Regskenners vind dit vreemd dat die staat ‘n verdere 6 maande nodig het om die saak voor te berei.

Intussen het daar ‘n herrie losgebars oor hy in voetboeie in die hof verskyn het, nadat hy nie gearresteer was nie en vrywillig by die hof opgedaag het.