Zuma dank sy prokureur af

Prokureur Michael Hulley het bekend gemaak dat Jacob Zuma hom afgedank het.  Dit het klaarblyklik al drie weke gelede gebeur.

Volgens Hulley hoef kliënte nie redes te verskaf as hul nie meer van ‘n prokureur se dienste gebruik maak nie. Hulley word egter beskou as Zuma se grootste vertroueling.

Hulley het in 2011 Zuma se regsadviseur geword en in 2015 het die parlement se staande komitee R6,3 miljoen se ongemagtigde regsuitgawes goedgekeur, wat ver meer was as die R1 miljoen wat begroot is.

Hulley het na berekening toe reeds ‘n stywe bedrag van R1,6 miljoen per jaar verdien uit die staatskas.

Intussen het Zuma ‘n omstrede prokureur met Gupta-bande aangestel as sy nuwe regsverteenwoordiger. Hy is Daniel Mantsha, voormalige raadsvoorsitter van die wapenvervaardiger, Denel, en was skynbaar ook betrokke by die Guptas se saketransaksies. Volgens die omstrede uitgelekte eposse sou hy ook die Guptas van sensitiewe inligting voorsien het.

Foto: Michael Hulley en Jacob Zuma