Wil Noord-Korea onttrek uit ooreenkoms?

Die voorspellings kan bewaarheid word dat die onbetroubaarheid van leiers in Noord-Korea na vore kan kom en moontlik kan onttrek uit die ooreenkoms met die Amerikaanse president.

Noord-Korea het kort na die samesprekings gevoer is met die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, gesê hulle is nie tevrede met die VSA se oordonderende houding tydens die afgelope samesprekings nie.

Die opmerkings kom kort nadat minister Pompeo aan die media gesê het dat die samesprekings produktief was, wat politieke waarnemers bekommerd maak dat dit die eerste stap van die kommuniste is om uit die ooreenkoms te onttrek.

Politieke navorsers sê dit is ’n bekende feit dat die leiers van Noord-Korea nie woord hou en ooreenkomste nakom nie, en die jongste uitlatings dui daarop dat die kommuniste wil onttrek, en klee dit so in asof hulle onttrekking te wyte is aan die optrede van die Amerikaners.

Foto – Mike Pompeo (R)