Wêreld Nuusflitse – 10 Julie

 

Italië

Die onlangs verkose nasionalistiese regering van Italië het weer ’n skip met onwettige immigrante uit Afrika verbied om in sy hawe te gaan, en daarmee die verantwoordelikheid aan die Europese Unie oorgelaat .

 

Sirië

Sowat 320 000 rebelle in Sirië en hulle gesinne is besig om terug te keer na hulle woonplekke nadat ’n ooreenkoms met Rusland bereik is om die bombardering van hulle gebied te staak.

 

Japan

Minstens 100 burgerlikes het in Japan omgekom nadat swaar reën groot dele oorspoel het en miljarde dollar se skade aan eiendom en infrastruktuur veroorsaak het.  Na raming is sowat 500 motorvoertuie en honderde woonhuise ook vernietig in die oorstromings wat as die ergste in die afgelope eeu beskou word.