VSA minister deur Trump afgedank

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die ontslag van sy minister van omgewingsake aangekondig nadat hy van korrupsie beskuldig is.

Minister Scott Pruitt, is die hoof van die Amerikaanse omgewingsdienste en het in omstredenheid verval toe talle beskuldigings oor sy handelinge rugbaar geword het.

Volgens gerugte het hy homself verryk uit fondse van die Amerikaanse belastingbetalers, en word hy ook gesien as ’n sogenaamde klimaat-skeptikus wat hom die pos besorg het.

Afgesien van sy vergrype, het president Trump hom wel geloof en bedank vir sy uitstekende diens waarvoor die land hom dankbaar is.

Dit is nog nie bekend wie die plaasvervanger is wat dur die president aangewys sal word nie, maar Andrew Wheeler sal intussen waarneem in die pos.