Vragmotorbestuurders blokkeer snelweg

Vragmotorbestuurders het die N3 in die Pietermaritzburg omgewing met 20 vragmotors blokkeer.

Die polisie se optrede het daartoe gelei dat nege persone in hegtenis geneem is op klagtes van openbare geweld.

Intussen het motoriste ook paaie op die N2 versper uit protes teen die hoë brandstofprys. ‘n Groep genaamd Pappi (People Against Petrol and Paraffin Increase) se woordvoerder, Visvin Reddy, het verklaar dat die protes erger gaan word en dat daar op 27 Julie ‘n landswye blokkasie van paaie gaan plaasvind en sy verduideliking is dat  as jy verandering wil hê, gaan jy strate toe en protesteer, want dan luister die regering.