Vrae oor taakspan oor brandstof en BTW

Nadat brandstofpryse rekord hoogtes bereik het, het Cyril Ramaphosa nou skielik ‘n taakspan aangestel om ‘n “pakket” saam te stel wat die verbruiker gaan beskerm teen die BTW verhoging en hoë pryse van brandstof.  ‘n Verslag sal glo oor twee weke bekend gestel word.

Tesourie en die Departement van Energie weet wat is die impak van verhoogde pryse, en ekonome vra hoekom nou, na die verhogings, skielik bekend gemaak word dat die verbruiker gehelp gaan word?

Jeff Radebe het egter gesê dat die heffings op brandstof nie opgehef sal word nie aangesien dit die staatskoffers vul.