VBS Mutual Bank steel glo R1,5 miljard

In ‘n verslag van die kurator van VBS Bank, Anoosh Roopal, het dit aan die lig gebring  dat die direkteure van die bank miljoene gesteel het.

‘n Senior amptenaar van PIC het glo R5 miljoen ontvang in ruil daarvoor dat VBS ‘n krediet fasiliteit van R350 miljoen gekry het.

Dit blyk dat Daniel Msiza, die ANC se Limpopo tesourier, asook die ANC jeugliga leier in  Gauteng, Kabelo Matsepe, ook betrokke kan wees by die “onderhandelinge”.

Die hele topstruktuur van die bank word betrek by die bedrieglike onderhandelinge.