Trump bring besoek aan Brittanje

President Donald Trump van Amerika sal Donderdag in Brittanje aankom waar hy later die dag samesprekings sal voer met die Britse eerste minister, Theresa May.

Die ontmoeting vind buite Londen plaas ten einde te verseker dat die samesprekings nie onderwerp word aan die geraas van betogers nie.

Premier May en president Trump sal onder andere die situasie van Navo bespreek, en moontlikhede wat Brittanje raak met sy uittrede uit die Europese Unie.

President Trump sal daarna die Britse koningin in die Windsor paleis, ten suide van Londen besoek.

Daarna vertrek president Trump en sy eggenote Melanie na Skotland vir die naweek waar sy moeder gebore en grootgeword het.