Tradisionele leiers en EFF stem ooreen

Die Kongres van Tradisionele leiers stem saam met die EFF rondom die grondgryp beginsel sonder vergoeding, maar die grond wat tans in die hande is van swart mense en veral die wat bestuur word deur die swart konings en tradisionele leiers mag nie aan geraak word nie.

Hul grondslag gaan oor die “87% gesteelde grond” wat nou in besit is van Blankes.

Die EFF het op ‘n gesamentlike vergadering gesê  dat hul voorlopig met die tradisionele leiers saamstem solank die proses grondwetlik is.