Solidariteit/Afriforum en Zoeloekoning

Solidariteit en Afriforum se vergadering met die Zoeloekoning laat ‘n bitter smaak in die mond.

Die multikulturele sogenaamde burgerregte organisasie weier om enigsins betrokke te raak by inisiatiewe vanuit Afrikanergeledere tot selfbeskikking. Nêrens het Solidariteit of Afriforum hulle by die Boere Afrikaner Volksraad of die VVK geskaar rondom die saak van ‘n eie grondgebied nie, maar hul is bereid om soos Ramaphosa na die Zoeloekoning te hardloop om samewerkingsooreenkomste aan te gaan.

Probeer hulle nou Zoeloe lede werf vir hul organisasie?  Is ‘n oud tuisland leier vir hulle ‘n groter prioriteit as hul eie bloed?

Kallie Kriel, Flip Buys en die res van hul gebroeders toon hier baie duidelik waar hul sentiment lê. As mens nodig het om inspirasie te kry by ‘n Zoeloe dan is jou eie verwysingsraamwerk maar gebrekkig.

Ontnugterde Lid