Sjina wou spioeneer op Duitse parlement

Sjinese spioene het pogings aangewend om Duitse parlementslede om te koop met reuse bedrae geld om inligting te verstrek aan die kommunistiese land.

Die kommunistiese spioene het glo vals name en elk ’n vals profiel gehad in ’n poging om die parlementslede te beweeg om binnekring inligting oor te dra.

Die inligting is verlede Vrydag deur die Duitse koerant, “Süddeutsche Zeitung”, gepubliseer en berig dat die valse identiteit van die Sjinese agente die parlementslede, wie se name nie bekendgemaak mag word nie, nie kon mislei nie.

Die Sjinese agente sou die parlementslede uitnooi om Sjina te besoek waar hulle die inligting sou moes oordra aan die kommuniste.

Deskundiges sê die Sjinese optrede sou baie gou uitgesnuffel word as parlementslede vir welke rede ook al, na Sjina sou reis, maar die Duitse lede van die Bundestag se integriteit is deur Sjina onderskat.

Voorheen is Duitse parlementslede sowat $33 000 aangebied deur Sjinese agente om vertroulike inligting te verstrek.

Sowat ’n dosyn Sjinese ministers het Maandagoggend in Berlyn aangekom vir samesprekings met die Duitse regering.

Foto – Duitse Bundestag