SAID skommel poste

Die SA Inkomstediens (SAID) het Donderdag veranderinge aangekondig rakende topposte, en twee van die geskorste Tom Moyane se lojale luitenante, Tebogo Mokoena en Luther Lebolo, is uit sleutelposte verwyder.

Mokoena word vervang met Beyers Theron wat oorneem as waarnemende hoof van doeane en aksyns, juis die afdeling waar tabakmaatskappye na bewering miljoene “gespaar” het aan  BTW.