SAID lê beslag op meer as R1,7 miljard

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het in die eerste ses maande van 2018 op meer as R1,7 miljard se goedere beslag gelê.

In vergelyking met 2017 se totale R1,65 miljard is dit volgens Beyers Theron van SAID  ‘n groot slag teen smokkelhandel.

Klerasie ter waarde van R1,4 miljard, narkotiese goedere van R171 miljoen, valuta van R53 miljoen, Viagra ter waarde van R40 miljoen, sigarette ter waarde van R33 miljoen, bedreigde spesies van R14 miljoen en alkohol ter waarde van R190 000 is onder andere gekonfiskeer.

Indië, Sjina en Dubai is gewilde plekke van waar goedere ingesmokkel word.