Rusland ontwerp nuwe tegnologie

Die Russiese ministerie van verdediging het ’n video vrygestel van ’n nuwe missiel en vliegtuig wat glo die wêreld se mees gevorderde tegnologiese ontwikkeling van die wapenbedryf is.

Alhoewel die Russiese president, Vladimir Poetin, dit in sy jongste staatsrede bekendgemaak het, is die jongste vrystelling ’n bewys van die aanspraak wat gemaak is oor Rusland se tegnologiese vermoëns.

Die vliegtuig dra die nuutste ballistiese missiel waarvan die spoed glo tien keer vinniger is as klank, en deur geen wapen neergeskiet kan word nie omdat dit te vinnig beweeg.

Die interkontinentale missiel wat die Sarmat gedoop is, weeg meer as 200 ton en kan nie onderskep word nie weens die geweldige hoë spoed waarteen dit beweeg.

Rusland maak daarop aanspraak dat die missiel vanaf die Suidpool afgeskiet kan word om ’n teiken in die Noordpool te vernietig.

Die toetse wat met die “laag vlieënde” missiel gedoen is in 2017, het getoon dat dit deur geen ander wapen neergevel of onderskep kan word nie.