Rica beskerm Jan Publiek gladnie

Tydens die bekendstelling van ‘n verslag genaamd “Spooked” het dit na vore gekom dat geen persoon wat geregistreer is by Rica enige privaatheid het nie. Intelligensie agentskappe kan onder valse voorwendsels hofbevele kry om toegang te kry tot enige lid se selfoongesprekke asook e-posse.

Groepe soos Right2Know en amaBhubgane is tans besig met ‘n proses om die wetgewing rondom Rica te toets in die grondwetlike hof.