Ramaphosa se vliegkoste selfde as Zuma

Die onvermoë van die SA Lugmag om vliegtuie te voorsien aan Cyril Ramaphosa en sy gevolg, kos die belastingbetaler ongeveer R50 miljoen die afgelope vier maande.

SAL voorsien die lugmag met vliegtuie en dan word daar net ongeveer 30 passasiers vervoer in ‘n kommersiële straler wat meer as 300 passasiers kan vervoer, en dit teen R1,5 miljoen per retoer vlug. ‘n Privaat straler kan gehuur word teen R350 000 vir dieselfde doel.

Ramaphosa se vlug na die G7 beraad in Kanada het so tussen R7 en R10 miljoen gekos.  Die koste kom uit die weermag se begroting tot tyd en wyl die lugmag hul vloot weer lugvaardig kan kry of totdat ‘n nuwe tender aanvaar is vir die verskaffing van dienste aan die BBP.

Vroeër was daar groot gewag gemaak dat Ramaphosa met die goedkoop Kulula redery vlieg, maar skynbaar was dit net ‘n eenmalige publisiteitsfoefie en dat hy nou net so spandabel geld mors as sy voorganger.