Raab word nuwe Brexit minister

Die Britse eerste minister, Theresa May, het kort nadat haar hoofonderhandelaar bedank het, ’n nuwe Brexit onderhandelaar aangewys.

Domic Raab, wat voorheen minister van behuising was, is aangestel om Brittanje se saak so voordelig moontlik te beding met die uittrede.

Die 44-jarige Raab was voorheen een van die sterk voorstanders om Brittanje los te maak van die Europese Unie, en het ’n prominente rol tydens die referendum oor uittrede vervul.

Alhoewel meningsvormers van oordeel is dat premier May ’n ernstige terugslag gekry het toe David Davies as hoofonderhandelaar onverwags bedank het, blyk dit noudat die premier dit tog te wagte was en reeds haar huiswerk gedoen het om Raab so gou aan te wys.

Minister Raab het slegs agt maande tyd om die Britte se uittrede uit die Europese Unie te finaliseer en ’n aanvaarbare ooreenkoms te tref wat onder meer insluit dat Brittanje nie verwyder word as Europese bondgenoot nie.

Foto – Domic Raab