Poskantoor tot stilstand weens staking

Dit blyk dat die Suid Afrikaanse Poskantoor bykans tot stilstand gekom het met die nasionale staking wat tans aan die gang is.

Die hoofuitvoerende beampte van die poskantoor het ontken dat die entiteit totaal tot stilstand gekom het.  Daardeur erken hy dat die poskantoor wel in chaos is.

Verbruikers van die poskantoor merk egter nie veel van die staking nie, aangesien die poskantoor op sy beste so oneffektief is dat ‘n staking nouliks bemerk word, en wat ‘n bespotting maak van die poskantoor se aanspraak dat hulle sal aflewer, ongeag wat dit sal neem.